Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 25 DESEMBER 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

BHF LANG AFSTAND KONTAKTE

BO KAROO AMATEUR RADIO KLUB RAAD VERKIESING

en

DAGBOEK VAN GEBEURE


Ons begin vanmore se bulletin met Kerswense vir al ons Christen amateur vriende: Aan elkeen wat vandag die geboorte van Jesus Christus herdenk, ons wense vir ‘n Geseënde Kersfees. Mag vrede, vreugde, dankbaarheid en liefde vandag met elkeen van u wees.


** Hierdie is die seisoen om lang afstand kontakte te maak op BHF, selfs met lae krag. Desember tot Februarie kan BHF kontakte op 144 MHz van etlike duisende kilometer oor die see oplewer deur middel van tropo geleiding. Landswye kontakte kan ook in die oggend of snags plaasvind. Sporadiese-E (Es) voortplanting piek in Januarie wanneer die 50 MHz band baie sterk seine produseer tot 2500 km. Es kommunikasie is ook moontlik op 70 MHz en 144 MHz. ESB en FM kontakte is ook reeds gemaak op 50 MHz tydens die Kwadrantids meteoor storting vroeg in Januarie terwyl digitale kontakte op 144 MHz tydens hierdie periode moontlik is. PLaaslike Es kontakte verskyn gewoonlik in die oggend en laatmiddag terwyl DX van Namibië of verder noord vir ‘n uur of wat tydens die middag plaasvind. Moenie die geleentheid mis nie en monitor die 50 MHz bakens vir vroeë waarskuwing en geniet Es openinge soos die VK en ZL staties doen.

** Tydens die 2016 AJV van die Bo Karoo Amateur radio klub te Die Sandgat is die volgende persone gekies vir die raad vir 2017:

Voorsitter ZS3PG Pieter Gaybba

Ondervoorsitter ZS1TBP Thys Louw

Sekretaris ZR3PA Alta Gaybba

Kompetisie Koördineerder ZS1DJR Cobus Rabe

Tegnies ZS6MAJ Nico Engelbrecht

WAGS en WAZS ZS4CGR Christie Grobelaar

Addisionele lid ZS3WL Woody Collet

Ons glo en vertrou dat die gekose lede die Klub van krag sal laat gaan. Ons as klub is opgewonde oor die nuwe bloed in die stokperdjie en ons sien uit na 'n nuwe jaar vol uitdagings.

Ons wens ons lede en alle ander radio amateurs net die beste toe vir die jaar wat kom.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie en bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 18 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

31 Desember – Einde van die 2016 CQ Maraton
1 Januarie – Begin van die 2017 CQ Maraton
14 - 15 Januarie – Hunting Lions in the Air
20 - 22 Januarie – PEARS Nasionale BHF/UHF Kompetisie
28 Januarie – Somer QRP Naelloop

Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: Hierdie is die seisoen om lang afstand kontakte te maak op BHF, selfs met lae krag. Desember tot Februarie kan BHF kontakte op 144 MHz van etlike duisende kilometer oor die see oplewer deur middel van tropo geleiding.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003